|
 |
Psychology Worx huisves Opvoedkundige Sielkundiges, sowel as 'n Terapeutiese Refleksiologie praktyk. Ons strewe daarna om mee te werk dat elke individu tot
sy / haar volle potensiaal ontwikkel. Om dit te bewerkstellig, bied ons die
volgende dienste:
• Beroepsoriëntering (vakkeuses, beroepskeuses,
studierigtings).
• Studiemetodes.
• Individuele- en kleingroepassesserings.
• Alle opvoedkundige-sielkundige assesserings en intervensies: onder andere emosionele ontwikkeling en/of hindernisse, akademiese en leer ontwikkelingsaspekte, aspekte soos skoolgereedheid, sosiale vaardighede, ens.
• Gesinsterapie.
• Ouerbegeleiding: hantering van relevante stressors in die gesin soos
egskeiding, dood van ‘n familielid, dissipline, gesinskonflik, effektiewe
kommunikasie, werkstres, té lae / hoë eise wat aan self of familielede
gestel word, ens.
• Individuele terapie en die hantering van emosionele stressors soos:
angs, konflik, aggressie, depressie, skeidingsangs, selfmoordneigings, gedragsprobleme,
vrese, lae selfbeeld, hantering van teleurstellings, groepsdruk, verhoudings,
slaapstoornisse, enurese / enkoprese, lewensvaardighede, ens.
• Ontspanningstegnieke.
• Luistervaardighede.
• Trauma hantering.
• Spelterapie.
• Hipnoterapie vir verhoogde konsentrasie, vermindering van toetsangs,
ens.
• Energie sielkunde.
• Leerhindernisse (lees, skryf, wiskunde, spelling, konsentrasie, aandagafleibaarheid,
ens.)
• Insluitende onderwys bystand.
• Sosiale vaardighede en emosionele intelligensie.
• Werkswinkels (op aanvraag van onderwysers en ouers): motivering, beroepsake,
hoe om emosionele aspekte te hanteer, optimale funksionering op skool / tuis
/ tussen maats, hoe om leerhindernisse te hanteer, ouerskap aspekte, uitnodigende
onderwys ens.
• Alle aspekte (kognitiewe, emosionele en gedrag) wat die kind, tiener,
ouer of onderwyser in hul konteks beïnvloed, insluitend: die skool, familie,
portuurgroep, samelewing.
|
 |